Friday, 1 November 2013
Friday, 25 October 2013
Winterwyn
Hallo liewe vriende
Ek weet ons is baie ver van die Winter af, maar miskien is daar 'n koel Someraand oppad, of maak dit en geniet dit inelkgeval - dis heerlik. :)
Ek wil al lankal 'n resep illustreer & 'n ander benadering tot resepte lees uittoets.
Dankie vir jul kommentaar, dit bied my baie insig.
Mooi naweek vir elkeen.
Groete,
E

Friday, 18 October 2013
Thursday, 17 October 2013
Seven Day Diary
Goeie dag liewe vriende
Uiteindelik! Die comic is klaar.
Dit het effe langer geneem as verwag, maar tussendeur is daar soveel ander dinge wat veg om jou aandag & die kreatiewe muse laat ook nie toe dat jy haar sommer rondshunt nie. Gelukkig is dit nou eindelik opgelaai. Ek het dit aangeheg as 'n aparte bladsy op hierdie blog, kliek net op die link in die regterkolom getiteld 'Seven Day Diary'. As jy ook op die indivudele bladsy kliek kan sal dit groter vertoon vir makliker leesbaarheid.
Dis die eerste keer wat ek 'n comic in kleur doen - daarom ook dat die proses langer neem. Ek het vir 'n tyd weggeskram van kleur & is opnuut verras deur die intensiteit daarvan. Maar die wonder van kleur kan ons 'n ander dag verder besing. Ek het die hele proses baie geniet.
Dankie dat jul lees.
Geseënde dag verder.
E
Friday, 4 October 2013
Mossie
Redelik tyd het verloop sedert die laaste inskrywing. Ek het aan 'n paar projekte gewerk (o.a. 'n lino & comic), maar meeste daarvan is nog onvoltooid & ek het nie tyd gehad om foto's te neem daarvan nie. Interessant genoeg is ek onlangs weer genader om 'n voëltjie te verf & kon werk daaraan hierdie week. Ek het besluit om anders as die vorige twee voël-projekte met ink en waterverf te werk (instede van die waterverf en kleurpotlood). Die ink laat mens toe om fyner te werk & dis meer gepas by 'n delikate mossie volgens my.
Die klein, ligte mossie wat ons nie altyd raaksien nie.
Hopelik kan ek binnekort die comic vertoon. Ek werk bietjie in kleur vir 'n verandering.
*
I've been asked to paint a sparrow. Thus quite accidently I ventured into the painting of a bird again. This time I chose watercolour & ink as the medium instead of the coloured pencil. I also worked on a textured paper which resulted in the 'patterned sky' you see.
Tuesday, 23 July 2013
Thursday, 11 July 2013
my eerste linosnee
Gisteraand het ek my eerste smakie van linosnee-printing ervaar. Die resultaat was verrassend en baie pret.
Ek was nog altyd aangetrokke tot die verskeie drukmedia & veral die handpress movement juis omrede dit onpretensieus (en mag ek dit sê, eerlik) voorkom. En altemit is dit of ek meer bewus is van die proses van skep wanneer ek prints maak. O, en natuurlik is die hele verrassingselement van die eindresultaat 'n groot lekkerte.
Sover was alle drukprosesse waarmee ek te doene gehad het vir my baie fassinerend en om die geleentheid te kry om vir die eerste keer 'n linosnee te maak was geensins 'n teleurstelling nie. Ek het al vantevore 'n houtsnee gemaak. (Ek vermoed dit is waar meeste meesterdrukkers begin met hul reis.) En miskien weens tyd of omrede die reliefproses soorteglyk is van houtblok tot lino het hul gereken dis nie nodig om ons ook daaraan bloot te stel nie. Dit is soortgelyk ja, in terme van dat mens wegsny wat nie gedruk moet word nie, maar 'n lino het nie die grein wat hout besit nie & juis daarom kan mens half fyner te werk gaan. Dit is ook veel sagter om uit te kerf, wat jou merkmaakproses beïnvloed en toelaat vir delikater merkies.
Die gedagte dat ek moontlik kan print sonder die benodigheid van 'n handpress - sommer by my huisateljee - was ook 'n groot trekpleister. Ek het ook vir die eerste keer met ink gewerk met 'n waterbasis. Dit vergemaklik die skoonmaak agterna. Mens mis ietwat die glinster wat die oliebasis-ink verleen, maar dis heel maklik om mee te werk. Ek is eintlik nuuskierig om te sien hoe verskeie kleure wat oormekaar gedruk word sal reageer met mekaar. Is die ink deursigtig? Mens sal moet print en uitvind!
Vriendelike groete,

Thursday, 4 July 2013
Monday, 10 June 2013
Friday, 24 May 2013
Infinity Pattern
I recently read up on Lauweriks & Peter Behrens and their design principle of intertwining the circle & square to create infinite possibilties of designs. I wanted to apply that in my own kind of pattern-making process & came up with this as I was doodling inbetween other work. It turned out into something much more organic than I initially thought the pattern will be. But since I wanted to let if flow, the surprise had a good effect on my mood.
I want to try out some other variations of pattern & see where it goes.
Subscribe to:
Posts (Atom)