Wednesday 9 March 2016

Behance icon & ateljee-nuus

Die Behance Portfeulje Ikoon 
Die laaste tyd was ek effe siekerig, maar dis eintlik nie genoeg van 'n verskoning om nie te werskaf in die ateljee nie.  Ek het besef dat ek nie 'n aanlyn portefeulje het nie en het in Januarie begin om van my werk stelselmatig op te laai op Behancè.  Julle kan daar gaan loer, of bietjie wag tot ek meer werk opgelaai het.  Dis eintlik baie nodig om dit te doen, want soos ek begin rondsoek het na van my werk, het ek net opnuut besef hoedat dit rongestrooi lê (fisies in verskillende sakke en bokse en ook op verskillende rekenaar hardeskywe en CDs of backup DVDs) en natuurlik hoedat sommige werk spoorloos verdwyn het tussen al die heen-en-weer getrekery.  Dan het ek nog nie eens genoem van die motvretertjies nie, of die gevaar van ander skade soos water (wat die projek "Die Meisie Wat Kon Kwaak" wat ek vanoggend opgelaai het, getref het).

Verder het ek te veel tyd verloor aan verknogting, onsekerheid, uitstel en sloer.  Die persone wat 'n verskil maak is die mense wat nie moed opgee nie.  En ook nie hulself kasty nie, maar foute gebruik as geleenthede om te leer en verbeter.  Hierdie woorde tik ek vir myself, bygesè.  Maar as dit iets vir jou beteken, wonderlik.  Leer en verbeter hier kom ons!

Kliek hier as jy solank wil gaan kyk wat ek al opgelaai het...