Wednesday 3 October 2012

Onbewus

Laatmiddag skets ek onbewustelik.  Ek bly droom van hierdie baba.  Die baba wat al kan kruip en bly lag. Alhoewel hy rondgeskop word deur 'n ongeïnteresseerde skare.  En in my wakende staat weerklink Ingrid Jonker se gedig "die kind is nie dood nie".  En ek loop rond hiermee sonder om te weet hoe hul by mekaar inskakel, indien wel.
Hulle sê babas in drome kan nuwe dinge simboliseer; of iets weerloos en klein.  Klein en rein.  Iets wat vertroos moet word; wat koester benodig.
Ons leer as volwassenes spoedig hoe om onsself te beskerm dat mens maklik in die proses verleer hoe om jouself soms steeds weerloos te kan stel.