Friday 25 October 2013

Winterwyn

Hallo liewe vriende
Ek weet ons is baie ver van die Winter af, maar miskien is daar 'n koel Someraand oppad, of maak dit en geniet dit inelkgeval - dis heerlik. :) 
Ek wil al lankal 'n resep illustreer & 'n ander benadering tot resepte lees uittoets.
Dankie vir jul kommentaar, dit bied my baie insig.
Mooi naweek vir elkeen.
Groete,
E

Friday 18 October 2013

Teenage girl of Summer

I enjoyed painting her immensely.  What initially caught my attention was her naturalness & the various chromes of toffee - so fitting with the warm Summer sun.  The pre-sketch to the painting is below.


Thursday 17 October 2013

Seven Day Diary


Goeie dag liewe vriende
Uiteindelik! Die comic is klaar.
Dit het effe langer geneem as verwag, maar tussendeur is daar soveel ander dinge wat veg om jou aandag & die kreatiewe muse laat ook nie toe dat jy haar sommer rondshunt nie.  Gelukkig is dit nou eindelik opgelaai.  Ek het dit aangeheg as 'n aparte bladsy op hierdie blog, kliek net op die link in die regterkolom getiteld 'Seven Day Diary'.  As jy ook op die indivudele bladsy kliek kan sal dit groter vertoon vir makliker leesbaarheid.
Dis die eerste keer wat ek 'n comic in kleur doen - daarom ook dat die proses langer neem.  Ek het vir 'n tyd weggeskram van kleur & is opnuut verras deur die intensiteit daarvan.  Maar die wonder van kleur kan ons 'n ander dag verder besing. Ek het die hele proses baie geniet.
Dankie dat jul lees.
Geseënde dag verder.
E


Friday 4 October 2013

Mossie


Redelik tyd het verloop sedert die laaste inskrywing.  Ek het aan 'n paar projekte gewerk (o.a. 'n lino & comic), maar meeste daarvan is nog onvoltooid & ek het nie tyd gehad om foto's te neem daarvan nie. 

Interessant genoeg is ek onlangs weer genader om 'n voëltjie te verf & kon werk daaraan hierdie week.  Ek het besluit om anders as die vorige twee voël-projekte met ink en waterverf te werk (instede van die waterverf en kleurpotlood).  Die ink laat mens toe om fyner te werk & dis meer gepas by 'n delikate mossie volgens my.

Die klein, ligte mossie wat ons nie altyd raaksien nie. 

Hopelik kan ek binnekort die comic vertoon.  Ek werk bietjie in kleur vir 'n verandering.

*

I've been asked to paint a sparrow.  Thus quite accidently I ventured into the painting of a bird again.  This time I chose watercolour & ink as the medium instead of the coloured pencil.  I also worked on a textured paper which resulted in the 'patterned sky' you see.