Friday 13 June 2014

Moenie jou kwel nie

Matthew 6:24-34 NLT Translation
Dag vriende

Die winter is hier.  Mens voel dit saans byt-byt deur die groefies van jou jas wanneer jy die aandlug trotseer & in die weerstandigheid van jou liggaam om soggens onder die warmte van die bed uit te kruip.
Dit het tog 'n besondere seisoen geword vir my.  Juis omdat dit die 'stadiger' seisoen geword het (die plante neem immers ook 'n blaaskans van groei & party diere weier summier om uit die bed te kruip. Ons sĂȘ net diere mag hiberneer.)  Dit word 'n tydperk waarin ek kan terugstaan en herkou oor die gebeure van my lewe en die dinge waaraan ek dink.  
Nou die dag lees ek weer Matteus 6 & dis 'n mooi deel vir my, want dis ook 'n skrifgedeelte oor rus.  Rus jou brein wat onderworpe is aan negatiewe gedagtes en worry, want dit alles wat jy benodig weet die Here reeds en is in Sy sorg.  Hy sorg vir jou. In alles.

Mag julle 'n week van rus ervaar.
Groete, 
E