Thursday 17 November 2011

Hoe dit is



Hoe dit is

Ek vind jou nie
- nie tussen die spore van woorde nie;
nie agter glas of akkoorde nie...

Dis 'n sprokie díé:
die spel van wie pas by wie.

Maar die sprokie laat my rustig slaap
en snags in my droom
is dit jy wat my ontwaak.