Tuesday 23 July 2013

Owl


Since I've made the last dove with a mixed media of watercolour and coloured pencils I've been asked to draw an owl with a similar process.  Herewith the results.  Hope she likes it. :)
May you have a wonderful day,
E

Thursday 11 July 2013

my eerste linosnee

Gisteraand het ek my eerste smakie van linosnee-printing ervaar.  Die resultaat was verrassend en baie pret.
Ek was nog altyd aangetrokke tot die verskeie drukmedia & veral die handpress movement juis omrede dit onpretensieus (en mag ek dit sê, eerlik) voorkom. En altemit is dit of ek meer bewus is van die proses van skep wanneer ek prints maak. O, en natuurlik is die hele verrassingselement van die eindresultaat 'n groot lekkerte.
Sover was alle drukprosesse waarmee ek te doene gehad het vir my baie fassinerend en om die geleentheid te kry om vir die eerste keer 'n linosnee te maak was geensins 'n teleurstelling nie.  Ek het al vantevore 'n houtsnee gemaak.  (Ek vermoed dit is waar meeste meesterdrukkers begin met hul reis.)  En miskien weens tyd of omrede die reliefproses soorteglyk is van houtblok tot lino het hul gereken dis nie nodig om ons ook daaraan bloot te stel nie.  Dit is soortgelyk ja, in terme van dat mens wegsny wat nie gedruk moet word nie, maar 'n lino het nie die grein wat hout besit nie & juis daarom kan mens half fyner te werk gaan.  Dit is ook veel sagter om uit te kerf, wat jou merkmaakproses beïnvloed en toelaat vir delikater merkies.
Die gedagte dat ek moontlik kan print sonder die benodigheid van 'n handpress - sommer by my huisateljee - was ook 'n groot trekpleister.  Ek het ook vir die eerste keer met ink gewerk met 'n waterbasis.  Dit vergemaklik die skoonmaak agterna.  Mens mis ietwat die glinster wat die oliebasis-ink verleen, maar dis heel maklik om mee te werk.  Ek is eintlik nuuskierig om te sien hoe verskeie kleure wat oormekaar gedruk word sal reageer met mekaar.  Is die ink deursigtig?  Mens sal moet print en uitvind!

Vriendelike groete,
E

Thursday 4 July 2013

from Drawing to Poster



It was me and my boyfriend's one year celebration together recently.  To commemorate our anniversary I created this pinup version poster of me for him!