Thursday 17 October 2013

Seven Day Diary


Goeie dag liewe vriende
Uiteindelik! Die comic is klaar.
Dit het effe langer geneem as verwag, maar tussendeur is daar soveel ander dinge wat veg om jou aandag & die kreatiewe muse laat ook nie toe dat jy haar sommer rondshunt nie.  Gelukkig is dit nou eindelik opgelaai.  Ek het dit aangeheg as 'n aparte bladsy op hierdie blog, kliek net op die link in die regterkolom getiteld 'Seven Day Diary'.  As jy ook op die indivudele bladsy kliek kan sal dit groter vertoon vir makliker leesbaarheid.
Dis die eerste keer wat ek 'n comic in kleur doen - daarom ook dat die proses langer neem.  Ek het vir 'n tyd weggeskram van kleur & is opnuut verras deur die intensiteit daarvan.  Maar die wonder van kleur kan ons 'n ander dag verder besing. Ek het die hele proses baie geniet.
Dankie dat jul lees.
Geseënde dag verder.
E