Friday 4 October 2013

Mossie


Redelik tyd het verloop sedert die laaste inskrywing.  Ek het aan 'n paar projekte gewerk (o.a. 'n lino & comic), maar meeste daarvan is nog onvoltooid & ek het nie tyd gehad om foto's te neem daarvan nie. 

Interessant genoeg is ek onlangs weer genader om 'n voëltjie te verf & kon werk daaraan hierdie week.  Ek het besluit om anders as die vorige twee voël-projekte met ink en waterverf te werk (instede van die waterverf en kleurpotlood).  Die ink laat mens toe om fyner te werk & dis meer gepas by 'n delikate mossie volgens my.

Die klein, ligte mossie wat ons nie altyd raaksien nie. 

Hopelik kan ek binnekort die comic vertoon.  Ek werk bietjie in kleur vir 'n verandering.

*

I've been asked to paint a sparrow.  Thus quite accidently I ventured into the painting of a bird again.  This time I chose watercolour & ink as the medium instead of the coloured pencil.  I also worked on a textured paper which resulted in the 'patterned sky' you see.