Ek was onlangs gevra om 'n logo te ontwerp. Die klient het gehou van 'n grys en teal/turkoois kombinasie en daarom het ek redelik binne daardie perke gebly. Hy wou ook die 't' verleng dat dit soos 'n kruis lyk, en verder die 'E' en 'C' van beide woorde groter hê as die res. Dit was 'n uitdaging om soveel elemente in 'n koherende bevredigende ontwerp te omskep. Hieronder is 'n paar van die voorbeelde tydens die ontwerpproses:
|
Sommige voorstelle tydens die ontwerpproses |
Eindelik het ons besluit op 'n kombinasie van sommige van my voorbeelde. Die finale resultaat lyk soos volg:
|
Easthouse Consulting Finale Logo Ontwerp |
|
Die finale logo geïnterpreteer as 'n swart & wit weergawe |