Wanneer mens iemand teken is die oomblik wanneer jy waarlik begin kyk. Jou aandag word nie verdeel, opgesny en afgewater om die vele nuanses van die gesprek, die mens, die verbygangers en jou eie gevoelens oor wat bespreek word in te neem nie. Om iemand te mag teken gee jou toestemming om te staar; om net te sien hoe die laaste flou son oor hul vel speel; hoe die lewe as mooi plooie oor hul gaan lĂȘ en jy as tekenaar kan nie help om te besef hoe mooi hierdie mens gemaak is nie.