Monday 24 May 2010

Ode aan 'n ridder

die blou skadu het verdwyn
hoekom huil as karooson skyn?
tel my op spoelklippie soos pêrel fyn
was my sout soos uit die see weer rein

groter is Jy as die donker nag
kielie my klein tot ek weer lag
wit is die bruid wat op jou wag
mag ek Jou sien? jou skitter jou prag?

my woorde klim boontoe
soos 'n boontjie wat rank
gaan ek ook eendag soontoe
waar hul Jou heeltyd prys en dank?

Jy's toe heeltyd die Een wat my sou verlos
stil die bitter geween sonder dat dit my iets kos

ek het Jou lief
ek kan dit sê; ek kan dit sing,
sonder dat die woorde uitdroog
in die tuimeldroër verwring

jou minnebrief
het my soos wentelbaan omkring
Jy is my Rots, my Raadsman en Reënboog
ek het jou lief
ek het jou lief
ek het jou lief
Ridder van Min