Thursday 27 October 2016

Logo vir Easthouse Consulting

Ek was onlangs gevra om 'n logo te ontwerp.  Die klient het gehou van 'n grys en teal/turkoois kombinasie en daarom het ek redelik binne daardie perke gebly.  Hy wou ook die 't' verleng dat dit soos 'n kruis lyk, en verder die 'E' en 'C' van beide woorde groter hê as die res.  Dit was 'n uitdaging om soveel elemente in 'n koherende bevredigende ontwerp te omskep.  Hieronder is 'n paar van die voorbeelde tydens die ontwerpproses:
Sommige voorstelle tydens die ontwerpproses
Eindelik het ons besluit op 'n kombinasie van sommige van my voorbeelde. Die finale resultaat lyk soos volg:

Easthouse Consulting Finale Logo Ontwerp

Die finale logo geïnterpreteer as 'n swart & wit weergawe



Thursday 20 October 2016

World

World comic
I've been drawing an entry for the Fumetto Comix Competition.  And the theme 'Worlds' kept pulling me back to this idea of the contrast between what appears good, but isn't.  I wanted to change the title to 'lies', because I also thought that many politicians tell us lies to placate us or mislead us for their own selfish gain.  And things we are told are 'pure good' or ' pure evil' in fact, aren't.

I initially envisioned it a black and white piece of work, but then the ligne claire style lent it to play with some colour.  I'm still contemplating whether there should be foliage in the background or if it should be kept as is.  I also avoided breaking the page up in panels to accentuate the movement of each character.  The politician's rise at the expense of the mask's demise.  The mask's world is in reverse to the politician, but intrinsically linked with each other.

Tuesday 4 October 2016

Werk in wording

Ek is besig vir die afgelope ruk om 'n nuwe storie te skryf wat ek graag wil teken.  Laasweek het ek 'n professor hoor sê dat die skryfproses 'n morsige een is.  Dis nogals waar. Mens skryf en herskryf en skryf tussen-in weer.  Nodeloos om te sê dit neem langer as wat ek gedink het dit sou. Nou na die vierde herskryf, het ek begin dink ek wil 'n heel ander perspektief byvoeg... Ek wil nie heeltemal die kat uit die sak laat nie, dis nog te vroeg daarvoor.

Hier is egter 'n sneak peak... oe ek is opgewonde! :)