Friday 12 December 2014

7 Day Diary Project - update

Liewe vriende
Hoera! Die '7 Day Diary Project' is eindelik klaar en opgelaai.  Volg die link om die reeks te lees.

KLIEK HIER OM COMIC TE LEES

A page from the project, for the full project, click on the link above





































Kersfees is om die draai.  Ek wens jul 'n geseënde Kersseisoen toe.
Liefde en groete
E

Thursday 11 December 2014

geloof, hoop & liefde


geloof, hoop & liefde



Tuesday 9 December 2014

Pro-bono & comics in wording

Liewe vriende
Ek vra om verskoning: Die laaste paar maande was ek effe stil met blog-inskrywings.  Soos die jaar momentum opgebou het, het ek te besig geraak met klas en die opbou tot die uitstalling dat ek net nie tyd gehad het om te deel waarmee ek als besig was nie.

Ek het 'n paar pro-bono projekte aangepak: Los Ganadores vector-banier...


 'n banier-ontwerp met 'n vorstelike bul op, wat hul gebruik het op tydens 'n eet-basaar.

En ek het 'n reeks posters vir 'n kerk ontwerp:



Verder het ek ook gewerk aan die Dagboek-projek (7 Day Diary Project).  Ek is baie opgewonde om te vermeld dat dit amper klaar is.  Dis nou in die finale proeflees-fase.  Ek het ook aan die 2013-blaaie gewerk, want die oorspronklike lyn het nie reg uitgekom nie.  Dit is ook nou klaar en sal saam met die 2014-blaaie opgelaai word.  Gaan lees gerus die blaaie op die comics blad binne die volgende 10 dae.


Ek het ook aan 'n ander dubbelblad 'standalone' comic gewerk.  Oorspronklik wou ek aan die Fumetto deelneem, maar hierdie beeld van die swewende babas was heel voorbarig en het heeltyd vorentoe gedruk.  Toe moes ek ek hul begin teken.  Sal jul op hoogte hou wanneer dit klaar is.



Tot dan.
Groete,
E