Showing posts with label life. Show all posts
Showing posts with label life. Show all posts

Friday, 15 September 2017

Faizl

Faizl's State of the Nation
Dear Friends
I've been working exclusively on the first volume of 'Weerkaatsing' - the secret project I've mentioned previously.  It is near completion and will be printed soon.  The first edition will be printed in Afrikaans, but I am thinking of publishing an English translation later.  Will keep you posted on that.

Above you can get a sneak peek of the work.  This is the back cover.  It is an excerpt from a YouTube video/documentary on Hendrik Verwoerd.  But the internet is the great leveller ("gelykmaker") and through the thumbnails of what you can view next it leaves commentary on political opinion and how it will diffuse over time.  It was seredipitous that I found among them the "Run Free In Hendrik Verwoerd High School".  After all the political turmoil let us all [Parkour] over these seemingly crucial political struggles.

The cover of the volume is in full colour, but the rest is black & white.  I've experimented with coloured pencil as well.  It will be the final test to see whether is translates well into print.

The story of 'Weerkaatsing' is a biographical collage and portrays a sense of place; what life in South Africa was like then and now and not.  If you are interested in buying a copy you can contact me via e-mail.  Will keep you posted when it is available.

Take care & have a lovely week.
E.


Tuesday, 9 December 2014

Pro-bono & comics in wording

Liewe vriende
Ek vra om verskoning: Die laaste paar maande was ek effe stil met blog-inskrywings.  Soos die jaar momentum opgebou het, het ek te besig geraak met klas en die opbou tot die uitstalling dat ek net nie tyd gehad het om te deel waarmee ek als besig was nie.

Ek het 'n paar pro-bono projekte aangepak: Los Ganadores vector-banier...


 'n banier-ontwerp met 'n vorstelike bul op, wat hul gebruik het op tydens 'n eet-basaar.

En ek het 'n reeks posters vir 'n kerk ontwerp:



Verder het ek ook gewerk aan die Dagboek-projek (7 Day Diary Project).  Ek is baie opgewonde om te vermeld dat dit amper klaar is.  Dis nou in die finale proeflees-fase.  Ek het ook aan die 2013-blaaie gewerk, want die oorspronklike lyn het nie reg uitgekom nie.  Dit is ook nou klaar en sal saam met die 2014-blaaie opgelaai word.  Gaan lees gerus die blaaie op die comics blad binne die volgende 10 dae.


Ek het ook aan 'n ander dubbelblad 'standalone' comic gewerk.  Oorspronklik wou ek aan die Fumetto deelneem, maar hierdie beeld van die swewende babas was heel voorbarig en het heeltyd vorentoe gedruk.  Toe moes ek ek hul begin teken.  Sal jul op hoogte hou wanneer dit klaar is.



Tot dan.
Groete,
E

Friday, 13 June 2014

Moenie jou kwel nie

Matthew 6:24-34 NLT Translation
Dag vriende

Die winter is hier.  Mens voel dit saans byt-byt deur die groefies van jou jas wanneer jy die aandlug trotseer & in die weerstandigheid van jou liggaam om soggens onder die warmte van die bed uit te kruip.
Dit het tog 'n besondere seisoen geword vir my.  Juis omdat dit die 'stadiger' seisoen geword het (die plante neem immers ook 'n blaaskans van groei & party diere weier summier om uit die bed te kruip. Ons sĂȘ net diere mag hiberneer.)  Dit word 'n tydperk waarin ek kan terugstaan en herkou oor die gebeure van my lewe en die dinge waaraan ek dink.  
Nou die dag lees ek weer Matteus 6 & dis 'n mooi deel vir my, want dis ook 'n skrifgedeelte oor rus.  Rus jou brein wat onderworpe is aan negatiewe gedagtes en worry, want dit alles wat jy benodig weet die Here reeds en is in Sy sorg.  Hy sorg vir jou. In alles.

Mag julle 'n week van rus ervaar.
Groete, 
E