Tuesday 4 October 2016

Werk in wording

Ek is besig vir die afgelope ruk om 'n nuwe storie te skryf wat ek graag wil teken.  Laasweek het ek 'n professor hoor sê dat die skryfproses 'n morsige een is.  Dis nogals waar. Mens skryf en herskryf en skryf tussen-in weer.  Nodeloos om te sê dit neem langer as wat ek gedink het dit sou. Nou na die vierde herskryf, het ek begin dink ek wil 'n heel ander perspektief byvoeg... Ek wil nie heeltemal die kat uit die sak laat nie, dis nog te vroeg daarvoor.

Hier is egter 'n sneak peak... oe ek is opgewonde! :)