Showing posts with label poetry. Show all posts
Showing posts with label poetry. Show all posts
Wednesday, 17 April 2013
Thursday, 17 November 2011
Hoe dit is
Hoe dit is
Ek vind jou nie
- nie tussen die spore van woorde nie;
nie agter glas of akkoorde nie...
Dis 'n sprokie díé:
die spel van wie pas by wie.
Maar die sprokie laat my rustig slaap
en snags in my droom
is dit jy wat my ontwaak.
Monday, 7 March 2011
60 Word Story
I've recently accepted the challenge of writing a story in 65 words or less for LitNet.
Below is the result.
Sal jy my onthou?
Ek hoor jou nie kom - suutjies jy,
maar ek sien jou toring voor my.
Vryf met jou linkervoet in die sand...
ek is ook maar skaam.
Wie sal eerste hallo sê?
Jou oor - die kontinent Afrika.
Mag ek voel hoe loop die plooie oor jou lyf?
Jy proe my met jou slurp
en toe reis ek op jou rug huis toe.
(or you can go directly to http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_custom&cause_id=1270&page=leap)
Below is the result.
Sal jy my onthou?
Ek hoor jou nie kom - suutjies jy,
maar ek sien jou toring voor my.
Vryf met jou linkervoet in die sand...
ek is ook maar skaam.
Wie sal eerste hallo sê?
Jou oor - die kontinent Afrika.
Mag ek voel hoe loop die plooie oor jou lyf?
Jy proe my met jou slurp
en toe reis ek op jou rug huis toe.
(or you can go directly to http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_custom&cause_id=1270&page=leap)
Monday, 24 May 2010
Ode aan 'n ridder
die blou skadu het verdwyn
hoekom huil as karooson skyn?
tel my op spoelklippie soos pêrel fyn
was my sout soos uit die see weer rein
groter is Jy as die donker nag
kielie my klein tot ek weer lag
wit is die bruid wat op jou wag
mag ek Jou sien? jou skitter jou prag?
my woorde klim boontoe
soos 'n boontjie wat rank
gaan ek ook eendag soontoe
waar hul Jou heeltyd prys en dank?
Jy's toe heeltyd die Een wat my sou verlos
stil die bitter geween sonder dat dit my iets kos
ek het Jou lief
ek kan dit sê; ek kan dit sing,
sonder dat die woorde uitdroog
in die tuimeldroër verwring
jou minnebrief
het my soos wentelbaan omkring
Jy is my Rots, my Raadsman en Reënboog
ek het jou lief
ek het jou lief
ek het jou lief
Ridder van Min
hoekom huil as karooson skyn?
tel my op spoelklippie soos pêrel fyn
was my sout soos uit die see weer rein
groter is Jy as die donker nag
kielie my klein tot ek weer lag
wit is die bruid wat op jou wag
mag ek Jou sien? jou skitter jou prag?
my woorde klim boontoe
soos 'n boontjie wat rank
gaan ek ook eendag soontoe
waar hul Jou heeltyd prys en dank?
Jy's toe heeltyd die Een wat my sou verlos
stil die bitter geween sonder dat dit my iets kos
ek het Jou lief
ek kan dit sê; ek kan dit sing,
sonder dat die woorde uitdroog
in die tuimeldroër verwring
jou minnebrief
het my soos wentelbaan omkring
Jy is my Rots, my Raadsman en Reënboog
ek het jou lief
ek het jou lief
ek het jou lief
Ridder van Min
Subscribe to:
Posts (Atom)

